Tabak-hoës ontken skelm YouTube-advertensies
2010-08-26 12:47
Londen - Van die voorste tabak-ondernemings ter wêreld het aantygings dat hulle advertensiebeperkings systap deur skelm op YouTube te adverteer, afgelag, berig Sky News.
Die ondernemings het kategories die aantygings deur navorsers by Nieu-Seeland se Universiteit van Otago dat hulle sosiale netwerke op dié manier gebruik, ontken.
Die ontkenning volg ná ‘n studie deur bmj.com, ‘n navorsingseenheid in Wellington, die “uiters professioneel vervaardigde” videogrepe op YouTube wat na sigaretmake verwys, bevraagteken het.
Lees meer by Sky News.