TIbet: Voormalige klasmaats brand dood
2013-02-21 09:18
Beijing – Twee Tibettaanse tieners is dood nadat hulle hulself aan die brand gesteek het uit protes teen China se heerskappy oor Tibet, het verslaggewers en menseregtegroepe bevestig.
Meer as 100 mense het al op dié manier gesterf, maar dubbele selfmoorde is baie seldsaam.
Die voormalige laerskool-klasmaats is die 18-jarige Sonam Dargye en 'n 17-jarige, wat net deur die Amerikaanse stasie Radio Free Asia (RFA) as Rinchen geïdentifiseer is.
Hulle is Dinsdag in die Aba-streek, in die Tibettaanse provinsie Sichuan dood, het RFA berig. 'n Rits soortgelyke selfmoorde het die afgelope maande in dié streek plaasgevind.
"Tibet se kinders... kom te staan voor al die uitdagings van 'n lewe van onderdrukking, en is dikwels aktiewe deelnemers aan die stryd om [onderdrukking] teen te staan," het Stephanie Brigden, hoof van die Londense menseregtegroep Free Tibet, gesê. Dié groep het ook die dubbele selfmoord bevestig.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA