Sy koerant se optrede 'walg' Murdoch

2011-07-20 06:51
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - “Om telefone af te luister is verkeerd. Om polisiemanne vir inligting te betaal is verkeerd. Ek is gewalg deur ons koerant se optrede.”

Só het Rupert Murdoch (80) Dinsdag voor ’n parlementêre komitee in Londen getuig in ’n verhoor oor die grootste media­skandaal in Brittanje se geskiedenis.

Murdoch, voorsitter van die reusagtige News Corporation (NC) en een van die rykste mans ter wêreld, het sy getuienis begin deur te sê dis die “nederigste” dag in sy lewe.

Hy en sy seun James (39), die uitvoerende hoof van NC, het hul onvoorwaardelike verskoning aan die Britse volk herhaal en aan die slagoffers van hul koerante se onwettige optrede om private telefone af te luister en stemboodskappe en SMS’e uit te wis of te wysig.

Daaronder is boodskappe op die fone van moord- en terreurslagoffers, asook dié van geliefdes van Britse soldate wat in Afganistan gesterf het.

Murdoch sr. het egter enige persoonlike aandadigheid aan en verantwoordelikheid vir die skandaal wat tot die sluiting van Brittanje se grootste Sondagkoerant, News of the World, gelei het, ontken.

“Dit is gedoen deur mense wat ek vertrou het en deur mense wat hulle op hul beurt vertrou het. Ons is verraai.”

In ’n verklaring namens hom en sy seun het hy gesê hy “voel siek” oor wat sy koerant met onskuldige mense aangevang het.

Vroeër het hy gesê: “Ons is met vuil hande betrap.

“Ons is skaam oor wat gebeur het en ons het daarom besluit om News of the World te sluit.”

Murdoch het die versekering gegee sy maatskappy gaan alles in sy vermoë doen om die skade wat die maatskappy berokken het, reg te stel.

Albei Murdochs het erken hulle het News of the World gesluit “omdat die koerant alle vertroue wat hy met sy lesers gehad het, verbreek het”.

Gevra oor sy verhouding met die huidige Britse eerste minister, David Cameron, het Murdoch sr. gesê hy is met geleenthede na 10 Downing Street, die premierswoning, genooi.

Hy het vertel hoe twee Britse eerste ministers van hom, die wêreld se invloedrykste mediabaas, verwag het om met sy gereelde besoeke by die agterdeur van 10 Downing Street aan te meld.

In antwoord op vrae oor sy politieke invloed het Murdoch sr. vertel hoe sy koerante, wat hulle in die Thatcher-era aan die Konserwatiewe Party se kant geskaar het, meer as 200 000 eksemplare aan sirkulasie verloor het toe hulle die Arbeidersparty van Tony Blair gesteun het.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Beeld

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.