Switsers kry dalk doodstraf terug
2010-08-24 23:04
Genève - Switserse voorstaanders van die doodstraf kan binnekort handtekeninge begin insamel vir ‘n referendum oor die terugbring aldan nie van lyfstraf ná meer as 70 jaar.
‘n Aankondiging in die Federale rapport het gesê die dokumente wat deur die veldtog se organiseerders ingedien is, is geldig volgens wettige vereistes.
Die groep het tot 24 Februarie 2012 om die 100 000 handtekeninge wat nodig is om ‘n openbare stemming oor die herinstelling van die doodstraf vir moorde wat met seksuele geweld gepaardgaan, te regverdig.
Switserland het lyfstraf reeds in 1942 afgeskaf. Die laaste persoon wat die doodstraf gekry het, se kop is in 1940 afgeskaf.
Die doodstraf was egter tot 1992 deel van dié land se militêre wette, hoewel die laaste teregstellings in 1944 geskied het.
Die owerhede moet nog ondersoek of die doodstraf volgens die grondwet wettig en in lyn met Switserland se internasionale verpligtinge sal wees.
Die voorstel om die doodstraf terug te bring het kritiek oor die hele politieke spektrum ontlok.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP