Swanger vrou in die openbaar tereggestel
2010-08-09 18:00
Erat, Afganistan – Die Taliban het ‘n swanger Afghaanse vrou in die openbaar geslaan en haar daarna tereggestel deur drie skote in haar kop te vuur nadat sy van owerspel aangekla is, het polisie Maandag gesê.
Bibi Sanubar, 35, is vir drie dae in aanhouding geplaas voordat sy Sondag in ‘n openbare verhoor deur ‘n plaaslike Taliban-bevelvoerder in die Qadis-distrik doodgeskiet is.
Die Taliban het Sanubar daarvan beskuldig dat sy ‘n “onwettige verhouding” gehad het wat haar swanger gelaat het.
Sy het eerstens 200 houe in die openbaar ontvang voordat sy geskiet is, het die adjunk-provinsiale polisiehoof Ghulam Mohammad Sayeedi gesê.
“Sy is in die openbaar in die kop geskiet terwyl sy nog swanger was,” het Sayeedi gesê.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP