Swaar sneeu ontwrig Europese verkeer

2010-02-01 08:05
Tweets Share Share line Print

Leopold Scholtz

Den Haag - Groot dele van Europa is die naweek opnuut deur bittere vrieskoue en die ouma van alle sneeustorms getref. En die einde is nie in sig nie.

Berigte oor grootskaalse ontwrigting word van oor die hele Noord-, Sentraal- en Oos-Europa ontvang.

Die uiterste westelike kusstreke en Suid-Europa het slegs matige sneeu gekry.

Duitse media berig dat tot drie meter sneeu die verkeer op snelweë in die noordoostelike deelstaat Mecklenburg-Voorpommere onmoontlik gemaak het. Die owerhede het motoriste en vragmotorbestuurders wat vasgeval het, met spesiale toerusting te hulp probeer snel, maar ook dié kon nie deur die ongekende dik pak sneeu worstel nie en moes ten slotte tou opgooi.

Elders was die sneeu ’n halwe meter diep.

Oor die hele land het honderde ongelukke op die paaie plaasgevind. Minstens drie mense het gesterf en tientalle is beseer.

Bowendien moes talle mense weens gebreekte bene, arms, heupe en skouers behandel word omdat hulle op die gladde sypaadjies gegly en geval het.

Tientalle treine kon nie vertrek nie omdat die wissels op plekke vasgevries was of omdat die treine selfs teen lae snelheid nie deur die sneeu kon vorder nie.

In verskeie stede is die openbare vervoer heeltemal verlam, en die plaaslike owerhede het ’n beroep gedoen op mense om nie hul huise te verlaat tensy dit absoluut nodig is nie.

In die streek Allgau in die Beierse Alpe het die swaar sneeuval drie sneeustortings veroorsaak. Daar word gevrees dat verskeie skiërs oorval is.

’n Weerkundige, me. Dorothea Paetzold, het aan Die Welt gesê die hoeveelheid sneeu wat op die oomblik oor die land verspreid lê is die grootste sedert die winter van 1978-’79. Bowendien is die maksimum temperatuur dikwels -10 °C of nóg kouer.

Dit was blykbaar die koudste in die dorp Funtensee in Beiere. Daar is ’n verbysterende -30,5 °C gemeet.

Vir môre word opnuut ’n yslike sneeustorm voorspel.

In België berig De Standaard dat die ooste van die land swaar getref is.

Die pad tussen Luik en Luxemburg was die naweek heeltemal onrybaar, en tientalle motoriste is vasgevang.

- Die Burger

Lees meer oor: natuur

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.