Supermark-gyselaars vry
2009-10-22 03:09
Parys –Die ses werkgewers van ‘n supermark in Parys is ongedeerd vrygelaat nadat hulle tydens ‘n gewapende rooftog gyselaar geneem is.
Talle polisielede het die LIDL-supermark in die noorde van Parys omsingel nadat gewapende mans die winkel omstreeks 06:00 Woensdagoggend aangeval het.
Drie vrouens is in die middel van die oggendure vrygelaat nadat die polisie met een van die rowers onderhandel het.
Dié man het ‘n paar uur later homself oorgegee nadat die laaste drie gyselaars vrygelaat is, het die polisie aan AFP gesê.
Gewapende polisiemanne het die winkel binnegestorm en die ander twee verdagtes in die winkel gekry.
Al drie verdagtes is in hegtenis geneem.
Niemand is tydens die voorval beseer nie.
- Sapa