Suid-Korea president "bereid om te praat"
2010-01-29 11:10
Seoel - President Lee Myung-bak is steeds bereid om met sy kommunistiese buurman te vergader, ten spyte van die afgelope spanning op die seegrens tussen Noord- en Suid-Korea.
President Lee Myung-bak van Suid-Korea sê hy is heeltemal bereid om Noord-Korea se kernwapenprogram met Kim Jong Il te bespreek.
“Daar is geen rede om nié te vergader nie," het die Suid-Koreaanse president gesê.
“Ek is altyd bereid om met Kim Jong Il te praat om vrede op die Koreaanse skiereiland te bewerkstellig en om kern-ontwapening in Noord-Korea te bevorder,” het president Lee Myung-bak aan die media gesê.
Die stellings kom na ‘n paar dae van kanonvuur op die seegrens tussen die twee lande.
Noord-Korea dring daarop aan dat die skietery bloot ‘n militêre-oefening is, maar spanning op die grens loop hoog.
Sapa