Student verkoop maagdelikheid vir miljoene
2012-10-25 08:54
Sydney – 'n Student van Brasilië het haar maagdelikheid in 'n aanlyn-veiling vir $780 000 (R6,8 miljoen) verkoop as deel van 'n dokumentêre rolprent wat deur 'n Australiese vervaardiger gemaak word.
'n Man het vir dieselfde program ook sy maagdelikheid op soortgelyke wyse verkoop, maar hy het 'n prys van slegs $3 000 (sowat R26 000) behaal.
Altesaam 15 mense het gebie op die maagdelikheid van Catarina Migliorini, 20, maar 'n man van Japan, slegs bekend as Natsu, het die hoogste aanbod gemaak.
Die meeste belangstelling in die veiling het uit Brasilië, Indië, Australië en die VSA gekom.
Die hoogste bod vir die man wie se maagdelikheid verkoop is, die 21-jarige student Alex Stepanov van Sydney, het van 'n Brasiliaanse vrou gekom.
'n Onderhoud sal voor en ná Migliorini haar maagdelikheid verloor, vir die dokumentêre rolprent Virgins Wanted verfilm word.
Jason Sisely, vervaardiger van die rolprent, het gesê Migliorini is "in ekstase" en het nie soveel belangstelling verwag nie.
"Die veiling het gisteraand afgesluit en Catarina is baie opgewonde. Sy het aanlyn met haar familie in Brasilië gepraat en hulle is baie opgewonde vir haar," het Sisely gesê.
"Ek het nog nie die regte persoon gevind om dit mee te doen nie, want ek was te besig met ander dinge," het Migliorini in 'n lokprent vir die film gesê.
"Dis beter as om dit dronk te doen met 'n vreemdeling by 'n partytjie," het sy bygevoeg.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP