Student kry hartaanval tydens lesing oor hartsiektes
2011-06-29 23:00
Lewiston (Amerika) – ‘n Kardioloog en ‘n span verpleegsters moes
spook om ‘n student aan die lewe te hou toe hy in die middel van ‘n lesing oor
hartsiektes ‘n hartaanval gekry het.
Dr. William Phillips was besig om ‘n klas oor
hartsiektes by die Central Maine Medical Centre in Lewiston aan te bied toe een
van die studente oor steekpyne in sy bors gekla het.
Dr. Phillips het een van die verpleegsters
gevra om die man na die nooddienste te vergesel, maar die student het net daar
inmekaargesak.
Hy het nie asemgehaal nie en daar was geen
teken van ‘n hartklop nie.
Een van die verpleegsters het ‘n defribilator
gebruik om die man se hart weer aan die gang te skok.
Paramedici het intussen opgedaag en die man is
na die noodeenheid geneem.
Dr. Phillips het blykbaar met sy klas
aangegaan ná die pasiënt verwyder is.
Die pasiënt het ook intussen herstel.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP