Strauss-Kahn en skrywer ontmoet (weer)
2011-09-26 18:59
Parys – Dominique Strauss-Kahn sal Donderdag van aangesig
tot aangesig met sy mees onlangse aanklaer in ‘n verkragtingsaak te staan kom.
Tristane Banon, die jong skrywer wat
Strauss-Kahn daarvan beskuldig dat hy haar in 2003 aangerand en probeer verkrag
het, sal Strauss-Kahn by die polisiedepartement in Parys ontmoet.
Dié ontmoeting maak deel uit van die ondersoek
na aanleiding van die klag van aanranding wat Banon (23) teen Srauss-Kahn
aanhangig gemaak het.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP