‘Stockholm-ontploffings was terrorisme’
2010-12-12 03:30
Stockholm – Die twee ontploffings wat die Sweedse hoofstad, Stockholm, Saterdagaand geruk het, was glo deel van ‘n terroristiese aanval.
Een persoon is dood en minstens twee beseer tydens die twee voorvalle.
Die Sweedse minister van buitelandse sake, Carl Bildt, het op sy Twitter-profiel bevestig dat beide ontploffings verband hou met terrorisme.
“Die ergste van als is die feit dat dit in ‘n sentrale deel van Stockholm plaasgevind het.
“Die aanval het misluk – maar dit kon ‘n katastrofe gewees het,” het Bild getweet.
Na bewering was die enigste persoon wat tydens die ontploffings gesterf het, die selfmoordbomaanvaller homself.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA