Stemopnemers leidraad in Poolse vlugramp

2010-04-17 11:32
Tweets Share Share line Print

Warskou. – Pole het belowe om besonderhede bekend te maak van die stemopnemers van die vliegtuig waarin die land se president en talle senior regeringsamptenare in Rusland dood is. Dit is om bespiegeling oor wie vir die ramp verantwoordelik is, te beëindig.

Pres. Lech Kaczynski van Pole, sy vrou, talle militêre leiers en senior opposisielede sou verlede Saterdag die 70ste herdenking van die slagting van 20000 Poolse offisiere deur die Sowjet-unie se geheime polisie in Katyn, Rusland, bywoon toe die vliegtuig geval het. Byna 100 mense is dood.

Russiese lugverkeersbeamptes in Smolensk het gesê hulle het die vlieëniers aangeraai om by ’n ander lughawe te land, maar hulle is geïgnoreer. Hulle het vier keer probeer land voordat die vliegtuig bome getref en neergestort het.

Sommige berigte in Pole lui Kaczynski het die vlieëniers beveel om te land sodat hulle nie die seremonie in Katyn sou misloop nie.

“Die inhoud (van die stemopnemers) sal deurslaggewend wees om die hipoteses te bewys of te weerlê. Ek sal nie die bekendmaking van die inhoud teenstaan nie, tensy dit van ’n intieme aard is,” het Andrzej Seremet, hoofaanklaer, aan die radiostasie Tok FM gesê.

Die nuusagentskap Interfax het ’n bron na aan die ondersoekspan aangehaal wat gesê het dit lyk nie of die vlieëniers onder Kaczynski se druk was nie. “Tans is daar geen bewyse dat enige van die hooggeplaaste passasiers beveel het dat die vlieëniers in Smolensk moet land nie.”

Russiese ondersoekbeamptes is besig om die twee Russies-vervaardigde stemopnemers te ontsyfer.

- Reuters

Lees meer oor: rusland  |  vliegongelukke

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.