Statebondspele: Dak val inmekaar
2010-09-23 09:12
Londen – Die statebondspele in Indië is nog verder in chaos gedompel ná die dak van die gewigoptel-arena inmekaargeval het, berig Sky News.
Skaars ‘n dag gelede is 27 mense beseer toe ‘n voetbrug meegee.
Skotland het aangekondig dat hulle atlete nog nie na die gasheerstad sal reis nie, juis weens hul besorgdheid rondom veiligheid en sekuriteit.
Wallis het die organiseerders aangesê om hulle teen vanaand te laat weet of die byeenkomplekke gereed is vir die Spele.
Mike Fennel, hoof van die Statebondspele, het aangekondig dat hy oppad is na Nieu-Delhi vir ‘n noodvergadering rondom die onlangse gebeurtenisse.
Baie geboue is nog nie klaar nie, twee strukture het reeds inmekaargeval en die atleetdorp is blykbaar vieslik vuil.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.