Statebondspele-voetbrug stort ineen
2010-09-22 02:00
Nieu Delhi – ‘n Voetbrug wat naby die hoofingang van die stadion vir die Statebondspele in Nieu-Delhi gebou word, het ineengestort.
Vyf werkers is tydens die voorval beseer.
Die struktuur is ‘n staal-voetbrug van ongeveer 50 m net buite die Jawaharlal Nehru-stadion, waar die openingseremonie en atletiek sal plaasvind.
Dit word gebou om die parkeerterrein met die stadion te verbind.
“’n Voetbrug was onder konstruksie by die parkeerterrein van die JN-stadion.
“Vyf of ses werkers is beseer en hospitaal toe geneem,” het Rajan Bhagat, woordvoerder vir die Delhi-polisie, gesê.
“Dit lyk baie erger op televisie as wat dit eintlik is,” het hy bygevoeg.
“Ingenieurs ondersoek tans die oorsaak van die ongeluk.”
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP