Stamlid skiet reisiger met pyl en boog
2011-07-05 22:27
Wellington – ‘n Nieu-Seelandse man is twee keer met ‘n pyl en boog geskiet en sy vriendin byna verkrag toe ‘n stamlid hulle in ‘n afgeleë gedeelte van Papoea-Nieu-Guinee aangeval het.
Matt Scheurich (28) het op die oewer van die rivier ontspan terwyl sy vriendin, 'n nagraadse student wat die lewe van stamlede bestudeer, in die in ‘n rivier afgekoel het.
Die stamlid, wat hulle blykbaar meer as ‘n uur lank agtervolg het, het uit die bosse gespring en die man twee keer in die bors met ‘n pyl en boog geskiet.
Hy het daarna probeer om die vrou te verkrag, maar sy het daarin geslaag om sy hand te byt en na ‘n nabygeleë dorpie te hardloop.
Hulp is ontbied en Scheurich is per helikopter na ‘n hospitaal geneem.
'n Polisiebeampte, Dominic Kakas, het bevestig dat, volgens die paartjie se beskrywing, die aanvaller al vantevore van verkragting beskuldig is.
Hy het ook gesê dat hulle hom maklik genoeg sal kan opspoor, alhoewel dit ‘n rukkie sal neem.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AP