Stalin-kleinseun: Oupa nie só sleg
2009-10-13 10:15
Moskou - Joseph Stalin se kleinseun het 'n Russiese koerant hof toe gesleep vir naamskending van sy oupa.
Yevgeny Dzhugashvili dagvaar Novaya Gazeta oor 'n berig waarin die koerant beweer Stalin het persoonlik derduisende teregstellings gemagtig.
Die berig is gebaseer op geheime Russiese dokumente wat onlangs aan die publiek bekendgemaak is.
Stalin was die leier van die voormalige kommunistiese USSR van 1922 tot sy dood in 1953.
Die leier se 'Groot Suiwering', 'n veldtog om die Kommunisteparty te hervorm, het gelei tot grootskaalse militêre aksie en geweld.
Mense wat van misdade soos sabotasie, terrorisme of verraad aangekla is, is dikwels in strafkampe gegooi, in ballingskap geplaas of tereggestel.
- Sapa-AP