Stakings kos Frankryk tot R4 miljard 'n dag
2010-10-25 10:21
Parys - 'n Vlaag stakings en betogings deur werkers wat hul reg om op 60 af te tree verdedig, kos Frankryk tussen €200 (sowat R2 miljard) en 400 miljoen (sowat R4 miljard) per dag, het Christine Lagarde, minister van finasies, gesê.
Lagarde het aan Europe 1 Radio gesê die dispuut en beelde van straatgevegte tussen die polisie en betogers wat regoor die wêreld gepubliseer word, het Frankryk se beeld ten duurste geskaad.
Die pensioenhervorming is Saterdag in die land goedgekeur.
Volg Nuus24 op Twitter
- SAPA