Staking kom oor Griekeland se beplande besnoeiings
2011-10-05 16:04
Athene – Duisende Griekse staatsdienswerkers het met ‘n reuse-staking begin oor die land se besluit om pensioene en salarisse te sny.
Gevolglik is vlugte gekanselleer en treine is tot stilstand geruk, met talle staatsdienste wat gesluit is.
Die 24-uur staking, wat deur die land se grootste vakbonde georganiseer is, is die eerste sedert die regering in Athene sy planne bekendgemaak het om pensioene en salarisse verder te sny, sowel as om talle staatsorganisasies te sluit.
Die regering sal tot 30 000 werke in die staatsdiens sny teen die einde van die jaar.
– Lees meer by Sky News
– Volg Nuus24 op Twitter