'Staak bouwerk in Israel'
2009-08-06 11:59
Jerusalem - Amerika het Israel gevra om vir een jaar lank bouwerk aan nuwe nedersettings tot stilstand te bring, in die hoop dat dit vredesgesprekke met Saoedi-Arabië sal vergemaklik.
Volgens die koerant, Haaretz, is die voorstel deur George Mitchell, Amerika se verteenwoordiger in die Midde-Ooste, tydens gesprekke met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, gemaak.
Netanyahu se woordvoerder het die voorstel as blote spekulasie beskryf.
Haaretz het gesê Arabiese state soek ‘n einde van ontwikkelinge in areas wat hulle beset vóór hulle stappe sal neem om bande met Israel te verbeter.
“Mitchell het gevra vir minstens een jaar, maar Israel het ingestem om konstruksie vir ses maande stil te laat staan”, het die koerant ‘n bron aangehaal.
Luidens berigte het Israel gesê die ooreenkoms sal eers in werking kom na 2 500 huise wat nog onder konstruksie is, voltooi is.
Dit is nog onbekend watter stappe na die afloop van ‘n jaar geneem sal word, indien konstruksie nie gestaak word nie.
- AFP