Sri Lanka sluit koerant-webwerwe oor 'naamskending'
2011-11-07 17:19
Colombo – Vyf nuuswebwerwe is in Sri Lanka gesluit oor karakterskending en omdat hulle sleutelfigure in die politiek beledig het, het amptenare gesê.
Mediagroepe het betogings teen dié besluite beplan en een groep het dit as ondemokraties beskryf. Wette in Sri Lanka weerhou nie die media om leiers te kritiseer nie.
W.B. Ganegala, sekretaris van die departement van inligting en media, het Maandag gesê dat daar baie klagtes teen die webwerwe gemaak is. Dié webwerwe is van Saterdag geblok.
Die vyf webwerwe wat geblok is, is: www.lankaenews.com, srilankamirror.com, srilankaguardian.com, paparacigossip9.com en www.lankawaynews.com.
Die waarnemende president van die Sri Lanka Working Journalist Association, Gnanasiri Kottigoda, het die besluit veroordeel en het gesê dit is ondemokraties.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP