Sprinkaan-plaag tref Australië
2010-04-14 13:14
Sydney – ‘n Gebied in die ooste van Australië wat omtrent so groot is soos Spanje, het erg deurgeloop onder ‘n swerm sprinkane.
Landbougrond in die gebied is feitlik verwoes toe ‘n sprinkaanplaag ná onlangse vloede uitgebreek het.
Chris Adriaansen, hoof van die Australiese kommissie vir sprinkaanplae, het gesê dié insekte het van Longreach in Queensland tot in Melbourne verwoesting gesaai.
Dit is altesaam omtrent 500 000 kubieke kilometer wat deurgeloop het onder die sprinkane.
Volgens Adriaansen het onlangse reën in dié droogte-geteisterde gebied, ‘n groot rol gespeel in die uitbroei van die sprinkane.
Boere moet hulself blykbaar voorberei op nog sprinkaanplae later in die jaar.
– Sapa