Spotprenttekenaar in huis aangeval

2010-01-02 07:22
Tweets Share Share line Print

Kopenhagen – Die Deense polisie het Saterdag bevestig dat hulle ‘n man geskiet en in hegtenis geneem nadat hy probeer het om ‘n omstrede spotprenttekenaar te vermoor.

Die 28-jarige Somaliese man het glo Vrydag met ‘n byl in die hand by die huis van Kurt Westergaard ingebreek in die stad van Aarhus.

Westergaard is die opspraakwekkende spotprenttekenaar wat Moslems woedend gehad het oor sy grafiese sketse waarin hy die spot gedryf het met die profeet Mohammed. 

Die polisie het op die verdagte geskiet en hom gewond voordat hy in hegtenis geneem is. Na bewering is die Somaliese man verbind met Al-Qaeda in Oos-Afrika.

Westergaard, wat al verskeie doodsdreigemente ontvang het sedert sy opspraakwekkende tekeninge sowat vyf jaar gelede gepubliseer is, was tuis saam met sy vyfjarige kleindogter toe die aanval plaasgevind het.

“Ons het onsself in ‘n veiligheidskamer toegesluit en die polisie gekontak. Die verdagte het ‘n byl by hom gehad en probeer om die deur oop te kap,” het die 74-jarige Westergaard gesê.

Soortgelyke aanvalle:

In 2008 het Westergaard vyf maande lank op die vlug geslaan nadat hy met die dood gedreig is omdat hy die profeet Mohammed as ’n terroris met ’n bom en brandende lont in sy tulband geteken het.

In ’n onderhoud met die Duitse oggendblad Die Welt het hy vertel dat hy meestal nie meer as een nag op ’n plek slaap nie.

Wanneer hy kantoor toe gaan ry hy nooit dieselfde roete nie.

“As ek nie my selfoon beantwoord nie, dink almal onmiddellik ek is dood.”

Die Deense polisie bewaak hom dag en nag omdat hulle inligting het dat Moslem-ekstremiste hom ter dood veroordeel het.

- Sapa, AFP 
 

Lees meer oor: misdaad  |  aanvalle  |  moorde

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Jacques sê... *s'n* Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

MIS Data Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R30000

Test Analyst

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R15000 - R20000

Junior Developer x3

Cape Town, South Africa
Datafin Recruitment
R10000 - R25000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.