'Spiderman' klim hoogste gebou uit
2011-03-29 14:16
Londen - ‘n Fransman wat bekendheid gewerf het oor hy wolkekrabbers uitklim en homself Spiderman gedoop het, het die wêreld se hoogste gebou uitgeklim. Hy het tot by die spit, wat verby die boonste vloere van die Dubai-gebou strek, uitgeklim.
Alain Robert het die 828 m Burj Khalifa in net meer as ses ure uitgeklim. Toe dit donker word, is daar kolligte op die kante van die toring geskyn terwyl Robert geklim het.
Anders as vorige kere het 'Spiderman' (48) ‘n tou en harnas gebruik om aan die organiseerders se voorwardes te voldoen. ‘n Ambulans was saam met ander noodvoertuie langs die gebou geparkeer.
Robert het al meer as 70 wolkekrabbers uitgeklim. Dit sluit in die Empire State-gebou, die Willis-toring in Chicago en die Petronas-torings in Kuala Lumpur.
- Kliek hier vir die volledige artikel.
- Volg Nuus24 op Twitter.