Spanning op seegrens tussen Noord- en Suid-Korea
2011-08-10 23:24
Seoul – Suid-Korea het teruggeskiet ná Noord-Korea drie kanonskote langs die betwiste buffersone aan die seegrens tussen dié twee lande afgevuur het, berig Huffington Post.
Noord-Korea het drie kanonskote naby die noordelike
seegrens in die Chinese Geelsee afgevuur.
Suid-Korea het hierop gereageer deur self drie
kanonskote af te vuur, het Kim Min-Seok, ‘n woordvoerder van Suid-Korea se
departement van verdediging, gesê.
Niemand is beseer nie.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.