Soldate sterf toe battery ontplof
2009-12-02 11:47
Nieu-Delhi – Sowat vier Indiese soldate is dood nadat ‘n ontploffing ‘n militêre basis in die noordelike staat van Punjab geruk het.
Die ontploffing het Dinsdagaand plaasgevind toe ‘n motor se battery wat besig was om te herlaai, ontplof het.
Volgens Naresh Vig, woordvoerder vir die weermag, het albei soldate op die toneel gesterf. Die ontploffing het glo veroorsaak dat verskeie ander motors in die basis ook aan die brand geslaan het.
Owerhede is besig om die voorval te ondersoek.
–Sapa,dpa