Soldaat sterf tydens bomaanval
2010-03-30 04:49
Kaboel – ‘n Soldaat van die Noord-Atlantiese verdragsorganisasie (Navo) is Maandag weens ‘n bomaanval dood – enkele ure nadat die Amerikaanse president Barack Obama Afganistan verlaat het.
Volgens die internasionale veiligheidsbystandsmag (Isaf) is die soldaat deur ‘n ploftoestel doodgemaak wat gewoonlik deur Taliban-rebelle gebruik word en talle troepe eis.
Die nasionaliteit van die soldaat is nog nie bekend nie.
Dié aanval kom ná Obama Afganistan Sondagaand verras het met ‘n besoek en daarop aangedring het dat Hamid Karzai, leier van Afganistan, korrupsie moet stop en dat troepe die Taliban moet oorwin.
Die jongste dodetalsyfer van oorsese troepe wat in Afganistan dood is, staan op 137.
- Sapa-AFP