Soldaat in hof oor WikiLeaks

2011-12-17 09:55
Tweets Share Share line Print

Fort Meade – ’n Amerikaanse weermagintelligensie-ontleder wat daarvan beskuldig word dat hy duisende geklassifiseerde dokumente aan WikiLeaks verskaf het, het Vrydag vir die eerste keer in die hof hier verskyn.

Off. Bradley Manning het na bewering ’n groot aantal Amerikaanse dokumente aan die klikwebwerf verskaf. Een van die aanklagte is dat hy bystand aan die vyand verleen het.

WikiLeaks het eindelik honderdduisende sensitiewe diplomatieke dokumente met die openhartige menings van Amerikaanse amptenare en hul bondgenote gepubliseer.

Veiligheidsmaatreëls by die weermagbasis hier is verskerp en daar was ’n groep betogers.

Aanklaers wil bewys dat daar genoeg bewyse is om Manning op 22 strafregtelike aanklagte in ’n krygshof te verhoor.

Indien Manning skuldig bevind word, kan hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis word, sy rang en alle vergoeding en toelae in die weermag verloor en oneervol ontslaan word.

Hy kan die doodstraf opgelê word op die aanklag dat hy die vyand bygestaan het, wat die ernstigste aanklag is, maar die weermag gaan nie vir die doodstraf vra nie.

Die Britse hoër hof het gesê hy het toestemming aan Julian Assange, stigter van WikiLeaks, gegee om teen sy uitlewering aan Swede op seksuele aanklagte te appelleer. 

- Reuters

Lees meer oor: julian assange  |  hof  |  wikileaks

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Gramsci sê... Die Knechtschaft dauert nur noch kurze Zeit! Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-20°C Morning clouds. Mild. Pta: 8-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 6-17°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Mostly sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-24°C Showers early. More sun than clouds. Mild. PE: 12-23°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 77,995.00

OPEL

Corsa 1.8 Sport Utility
2007
R 120,000.00

AUDI

A4 Avant 1.9TDi Dsl 6-sp
2004
R 159,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.