Sokkerstadion se dak gee in, mense vasgekeer
2011-07-07 13:36
Enschede – Die Nederlandse polisie het gesê die dak van die sokkerklub FC Twente se stadion in Enschede in die ooste van Nederland het inmekaargestort.
'n Onbekende hoeveelheid mense is in die puin vasgekeer.
‘n Deel van die dak het om ongeveer 12:00 inmekaargestort, het polisiewoordvoerder Jan Lamberts gesê.
“Mense is vasgekeer, maar ons weet nie hoeveel nie,” het Lamberts gesê.
Nooddienste is op die toneel, het hy bygevoeg.
Oproepe aan die klub is nie geantwoord nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AP