Sokkergeesdriftige (14) doodgeskiet
2010-02-07 02:35
Buenos Aires – ‘n 14-jarige Argentynse sokkergeesdriftige is dood nadat hy drie keer in die kop geskiet is, het dokters gesê.
Walter Caceres, ‘n ondersteuner van Newell's Old Boys, is Donderdag geskiet op ‘n passasiersbus na afloop van ‘n sokkerwedstryd.
Volgens die plaaslike polisie het booswigte op die bus begin skiet kort nadat dit sowat 250 km noord van die hoofstad op die hoofweg gebreek het.
“Carceres het Vrydag aan sy beserings beswyk,” het Lelio Mangiaterra, ‘n woordvoerder by die plaaslike hospitaal, gesê.
Twee ander Newell-ondersteuners is ook beseer.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
- Sapa-AFP