Soektog na terroris lei na skietery
2009-08-07 17:24
Jakarta – Televisie stasies in Indonesië het berig dat polisie, wat opsoek is na die terroris Noordin Mohammad Top, betrokke was in ‘n skietery op Java eiland.
TV Een het ‘n polisieman aangehaal wat gesê het dat ‘n man wat ‘n huis daar huur baie soos Noordin lyk.
Amptenare was nie beskikbaar om kommentaar te lewer nie.
Daar is wel berig dat die skietery Vrydag in ‘n dorpie in sentraal Java uitgebreek het.
Noordin is een van Suidoos-Asië se groot verdagtes van terrorisme.
Hy is ‘n verdagte in al Indonesië se groot terroriste aanvalle, insluitende verlede maand se bomaanvalle op twee hotelle en Jakarta , sowel as die ontploffings op Bali in 2002.
- Sapa-AP