Sneeu in Turkye bemoeilik reddingspogings
2011-10-27 18:58
Ercis – Sneeu in die ooste van Turkye het
reddingspogings bemoeilik en dié wie se wonings in die aardbewing verwoes is, se
ellende vererger.
Die dodetal in Turkye ná ‘n kragtige
aardbewing die land geruk het, het intussen na 530 gestyg.
Reddingswerkers het ‘n negentienjarige student
91 ure ná die aardbewing getref het, lewendig onder die bourommel gevind.
Vooruitsigte van nóg oorlewendes raak egter al
hoe minder.
Intussen het ander lande ingespring om Turkye
by te staan.
‘n Vliegtuig uit Israel met hulpvoorrade vir
oorlewendes het ook in die land aangekom.
Temperature het onder vriespunt gedaal en families
is genoodsaak om in oorvol tente of selfs buite langs oop vure te slaap.
Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP