Smokkelaar veroorsaak noodlanding
2009-09-16 19:24
Madrid – ‘n Vliegtuig van die Spaanse lugdiens Iberia moes ‘n onbeplande landing in die Dominikaanse Republiek maak nadat ‘n dwelmsmokkelaar aan boord siek geraak het, het bronne van Iberia Woensdag gesê.
Die Duitse passasier het kokaïne balletjies in sy maag gesmokkel, maar het siek geraak toe die omhulsels begin disintegreer het.
Die vliegtuig, wat Dinsdag oppad was vanaf Costa Rica na Madrid, moes in Santo Domingo stop waar die smokkelaar deur dokters ondersoek is en in hegtenis geneem is.
- Sapa-dpa