Sluipmoordpoging op wetmaker misluk
2011-05-12 18:10
Bagdad – ‘n Irakkese wetmaker het ‘n noue ontkoming
gehad toe twee bomme op die eerste verdieping van sy huis kort ná sonsopkoms
ontplof het.
Arshad
al-Salehi, ‘n lid van die Iraqiya-politieke alliansie, en sy familie was op die
tweede verdieping van die huis en niemand is beseer nie.
Nog twee bomme is in die huis gevind, maar
hulle het glad nie ontplof nie.
“Dit was beslis ‘n terroriste-aanval om my en
my familie dood te maak,” het al-Salehi gesê.
Die wetmaker is vroeër vandeesweek as die leier van die
Turkomen Front, ‘n plaaslike party in Kirkuk, verkies.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP