Slagting duur voort in Sirië
2012-02-10 15:09
Damaskus – Drie ontploffings het die stad Aleppo in Sirië getref nadat tenks Homs Vrydag binnegedring het, het aktiviste gesê.
Rami Abdel Rahman van die Siriese Waarnemers vir Menseregte (OHCHR) het gesê daar was drie ontploffings, waarvan een baie naby aan 'n militêre gebou was.
Die staatstelevisie het net oor twee ontploffings berig, en het ook gesê talle mense, insluitend soldate, is in die voorvalle dood.
Die staatstelevisie het die aanval op "gewapende terroristebendes" blameer.
In sentraal Sirië het tenkwaens 'n distrik in die stad Homs binnegedring, met troepe wat van huis tot huis geloop het om opponente van pres. Bashar Assad aan te keer, het Abdel Rahman gesê.
Meer as 80 mense, 30 van hulle in Homs, is Donderdag oor Sirië heen vermoor.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA