Slagoffers kritiseer kerk aanbod
2009-11-27 05:08
Dublin – Die aanbod van die Rooms-Katolieke groep te midde van ‘n ondersoek na kindermishandeling, is skerp deur sy slagoffers gekritiseer.
Die Rooms Katolieke orde van die Christen-broers, wat eens Ierland se grootste voorsiener van residensiële sorg vir seuns was, het gesê hulle het ‘n pakket van $240 miljoen (sowat R1,8 miljard) in kompensasie vir die slagoffers aangebied.
Ná onthullings oor lyfstraf, slawe-arbeid en bende-verkragtings, in Ierland se hoofsaaklik uitgediende stelsel van verbeteringskole, is druk op godsdienstige instellings, wat dié skole bestuur het, geplaas om meer aan slagoffers te betaal.
Ierland wag tans op die publikasie van ‘n afsonderlike verslag oor die hantering van bewerings van seksuele mishandeling van kinders in die aartsbisdom van Dublin vanaf 1975 tot 2004.
“In hierdie dae gaan ons lees van walglike dade wat binne die Katolieke kerk in die aartsbisdom van Dublin plaasgevind het," het die aartsbiskop, Diarmuid Martin verlede week tydens ‘n seremonie gesê.
- Reuters