Skudding tref Indonesië
2011-09-05 21:55
Jakarta – ‘n Aardbewing van 6.6 op die Richterskaal het in die noordelike
gedeelte van Indonesië se Sumatra-eiland getref, het die Amerikaanse Geologiese
Opname (USGS) gesê.
Die aardbewing het om 17:55 GMT getref.
Die episentrum van die skudding was sowat 400
km suidoos van Banda Aceh, 52 km onder die grond.
Die Tsoenami-waarskuwingsentrum het gesê die
aardbewing was te ver van die oseaan af om ‘n tsoenami te veroorsaak.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP