Skoolhoof steek Indiese politikus dood
2011-01-04 22:44
Kaapstad – ‘n Skoolhoof het ‘n Hindoe-nasionalistiese wetgewer Dinsdag doodgesteek terwyl hy by sy huis in Indië met ondersteuners vergader het, het polisie gesê.
Volgens The Telegraph het Rupan Pathak die wetgewer, Raj Kishore Kesri, met ‘n mes in sy maag gesteek wat sy glo in haar tjalie weggesteek het.
Luidens die berig is Kesri dadelik dood.
Pathak, wat in haar vroeë 40’s is, is daarna deur Kesri se wagte aangeval en in ‘n kritieke toestand na ‘n hospitaal geneem.
Sy word van moord aangekla.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.