Skool verban seun (2) se kaasbroodjie
2010-04-28 14:23
Wigan - 'n Tweejarige seuntjie is sy kaastoebroodjie kwyt omdat daar nie 'n slaaiblaar op was nie.
Personeel by die Westfield-kindersentrum in Pemberton, naby Wigan, Engeland, het Jack Ormisher se middagete weggeneem en hom verbied om enigsins weer 'n kaastoebroodjie te eet omdat dit hul beleid op gesond eet verontagsaam.
Hulle het Jack se ouers versoek om 'n slaaiblaar of tamatie in die toekoms op die brood te sit, omdat dit as 'n "peuselhappie" eerder as "middagete" geklassifiseer word.
– Telegraph
Volg Nuus24 op Twitter.