Skool-skieter se motiewe 'n raaisel
2011-03-04 23:00
Wisconsin – Owerhede in Wisconsin het steeds geen idee
hoekom ‘n tiener sy klas in November gyselaar gehou en homself doodgemaak het
nie.
Jeffrey Skorik, polisiehoof van Marinette, sê dit
wil voorkom asof daar niemand anders betrokke was by die 15-jarige Sam Hengel se
plan nie.
Daar was ook geen aanduiding dat hy die aanval
voor die tyd beplan het nie.
Hengel het in November verlede jaar twee
handgewere klas toe gevat.
Hy het sy onderwyser en omtrent 24 ander leerlinge vir ses ure lank gyselaar gehou en homself geskiet voor die polisie
hom kon oorrompel.
Skorik sê daar was gaan bewyse dat Hengel
geboelie is op skool nie en hy het ook nie juis gewelddadige videospeletjies
gespeel nie.
Hy het ook nie onlangs met ‘n meisie uitgemaak
nie en sy bloedtoetste het getoon dat daar geen dwelmmiddels in sy sisteem was
nie.
Volg Nuus24 op Twitter.