Skip vol Soedan-wapens in Ciprus aangehou
2010-06-22 22:13
Nikosia - 'n Seniorbeampte by die Cipriese doeane sê owerhede het 'n vragskap met wapens en plofstof verbied om die eiland te verlaat totdat inspekteurs bevestig dat die vrag nie strydig is met die Verenigde Nasies se wapenverbod teen Darfoer nie.
Demetrios Hadjicostis het Dinsdag gesê die vragmanifes van die vragskip, Santiago, toon dat 'n vrag plofstof daarop na Soedan op pad is.
'n Besending tenks is glo onderweg na Singapoer.
Hy het gesê die skip het die vragte in Duitsland en Spanje opgelaai.
Dié skip is sedert 11 Junie in die Limassol-hawe geanker.
Die VN-wapenverbod teen Darfoer is in 2004 ingestel.
Volg Nuus24 op Twitter
- AP