Skietery in krotbuurt eis tienermeisie
2011-09-07 18:59
Rio de Janeiro – ‘n Skietery tussen vermeende dwelmhandelaars
en weermagsoldate het paniek onder inwoners van Complexo do Alemao in Rio de
Janeiro gesaai.
Sowat 50 dwelmhandelaars het laat Dinsdagaand na
dié krotbuurt in Rio de Janeiro, sowat 20 km van die wêreldbekende
Cpacabana-strand af, teruggekeer.
Hulle het in November verlede jaar gevlug toe
die weermag die buurt oorgeneem het.
Ooggetuies het gesê dat die dwelmhandelaars al
skietend hul terugkoms aangekondig het en ‘n hele paar straatligte uitgeskiet het.
Televisie-beeldmateriaal wys hoe soldate in gepantserde
voertuie kort daarna by die woonbuurt inry.
‘n Vyftienjarige meisie is dood en ‘n man is
beseer toe hulle deur dwaalkoeëls tydens die skietery getref is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA