Skeepsramp: Nóg 'n oorlewende gevind
2012-01-15 14:45
Rome – Nóg 'n oorlewende is uit die halfgesinkte luukse skip Costa Concordia bevry, het 'n woordvoerder van die hawe-owerheid gesê.
'n Suid-Koreaanse paartjie is ook vroeër lewend uit die Costa Concordia gered.
"Hy is veilig," het die beampte oor Marrico Giempietroni, 'n bemanningslid, gesê.
Volgens die Italiaanse media het hy sy been gebreek en 'n helikopter is bo die skip gesien om hom na veiligheid te neem.
Slegs ses bemanningslede en 11 passasiers word nog vermis nadat Costa Concordia, wat Vrydagnag naby die eiland Giglio aan die Italiaanse kus ’n rotslys getref het.
Die dood van drie mense is bevestig.
Die kaptein van die skip is in hegtenis geneem en word van ondermeer manslag beskuldig.
– Volg Nuus24 op
Twitter
- AFP