Situasie in Thailand begin stabiliseer

2010-05-22 18:32
Tweets Share Share line Print

Bangkok – Thailand, wat gebuk gaan onder sy ergste geweld in menseheugenis, kan so vroeg as November ’n ver­kiesing hou, het die land se minister van finansies Vrydag gesê.

Soldate het Vrydag padblokkades van lemmetjiesdraad beman en die verlate sentrale sakegebied vir wapens en plofstof deurgesoek.

Dit kom twee­ dae nadat hulle die nege weke lange anti-regeringsbetogings deur lede van die Rooi Hemde beëindig het. Voertuie is ook vir wapens deurgesoek.

Brande wat Woensdag deur betogers by winkels gestig is, het Vrydag nog ­gesmeul.

Die betogers het ’n beroep vir nuwe verkiesings gedoen en gesê die premier, Abhisit Vejjajiva, het nie ’n mandaat nie omdat hy ná ’n omstrede parlementêre stemmery en danksy steun van die weermag in 2008 aan die bewind gekom het.

Abhisit het verlede week ’n aanbod vir ’n verkiesing teruggetrek.

Die minister van finansies, Korn Tsjatikavaniej, het gesê hy verwag ’n vroeë ver­kiesing en hy twyfel of die regering sy volle termyn tot 2012 sal uitdien.

Korn het op ’n nuuskonferensie in Tokio, Japan, gesê hy kan nie seker wees dat ’n verkiesing in November gehou sal word nie, maar die moontlikheid kan nie uitgesluit word nie.

Hy is vol vertroue dat die ekonomie vinnig weer op dreef sal kom indien die stabiliteit van die laaste 48 uur gehandhaaf word.

Die premier sou die nasie Vrydagaand op televisie toespreek, het ’n regeringswoordvoerder gesê.

“Dit (die onlangse gebeure) het die vertroue in Thailand geknou. Die regering en die veiligheidsmagte moet gou reg en orde herstel sodat sakeondernemings hul bedrywighede kan hervat,” het Nandor von der Luehe, voorsitter van die Gesamentlike Buitelandse Handelskamer van Thailand, gesê.

“Terselfdertyd moet die regering ook verseker dat gewapende elemente nie ondergronds gaan en ’n guerrilla-oorlog begin nie,” het hy bygevoeg.

Skoonmakers het Vrydag opruimingswerk by Bangkok se spoggerige winkels gedoen.

Baie winkels en banke was gesluit, openbare vervoer was beperk en die week lange openbare vakansie het daartoe gelei dat baie van Bangkok se 15 miljoen inwoners by die huis gebly het.

Tientalle geboue, insluitend banke en dié van die aandelebeurs, is Woensdag aan die brand gesteek.

Die Rooi Hemde ondersteun die oudpremier Thaksin Sjinawatra, wat in 2006 deur die weermag uit die kussings gelig is.

Thaksin is in selfopgelegde ballingskap om tronkstraf vir beweerde magsmisbruik vry te spring.

Hy is onlangs in Parys gesien en sou tydens sy private besoek ’n nuuskonferensie oor die gebeure in Thailand hou, maar die Franse owerhede het hom gewaarsku om dit nie te doen nie.

– Reuters

Lees meer oor: thailand  |  geweld  |  betogings

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Jacques sê... *s'n* Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 14-20°C More sun than clouds. Mild. Pta: 8-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 5-19°C Sunny. Refreshingly cool. Bfn: 5-22°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 16-26°C Sunny. Mild. PE: 12-22°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

VOLVO

S40 2.0 T4 Local
1998
R 45,990.00

TOYOTA

Corolla 160i GLS MY04
2005
R 109,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf Chico 1.4 5-dr MY04
2006
R 59,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

LeapPad

Nou slegs R1 100

Moedig jou kinders aan om ’n sprong te maak na ’n beter toekoms met die LeapPad. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.