Siriese president waarsku die Weste
2011-10-31 11:06
Londen – Bashar al-Assad, president van Sirië, het gewaarsku dat daar ‘n “aardbewing” sal wees as die Weste met sy land inmeng.
Assad het in ‘n onderhoud met die Verenigde Koninkryk se Sunday Telegraph gesê die Weste se inmenging kan daartoe lei dat Sirië tot “nog ‘n Afganistan” getransformeer sal word.
Die Verenigde Nasies (VN) en China het Sirië intussen gewaarsku dat die situasie nie kan voortduur nie, het die BBC berig.
Assad erken dat sy veiligheidsmagte “baie foute” gemaak het toe die opstande begin het.
Volgens die koerant sê hy “slegs terroriste” word nou geteiken.
Daar word berig dat meer as 3 000 mense sedert Maart in die opstande teen Assad se regime gesterf het.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter