Siriese magte skiet 217 dood
2012-02-04 11:45
Damaskus – Siriese magte het volgens berigte minstens 217 burgerlikes doodgeskiet in die stad Homs - in wat as 'n slagting bestempel is.
Die Siriese Observatory for Human Rights sê 138 mense is dood in mortieraanvalle in die Al-Khalidiya distrik van Homs. Dié gebied is die afgelope tien maande 'n brandpunt waar protesoptrede teen president Bashar Assad se regering gereeld voorkom.
Die organisasie sê 79 mense is in ander dele van die stad dood, asook in die Siriese hoofstad, Damaskus.
Die direkteur van die Siriese Observatory for Human Rights, Rami Abdel Rahman, het dit as is 'n slagting bestempel en die Arabiese Liga se onmiddellike ingryping geëis.
Die Al-Jazeera en Al-Arabiya televisiestasies het beeldmateriaal van slagoffers wat op die grond lê uitgesaai.
– RSG
– Volg Nuus24 op Twitter