Siriese lesbiese blogger toe 'n klug
2011-06-13 19:11
Kaapstad – ‘n Blog wat na bewering deur ‘n gay vrou van Sirië geskryf is, is toe eintlik ‘n poets wat ‘n Amerikaanse man gebak het.
A Gay Girl in Damascus, wat die lewe in die Siriese hoofstad tydens die politieke onrus beskryf het, is oor die wêreld heen gelees. Nuusorganisasies het ook dié blog fyn dopgehou.
BBC berig die ware outeur, Tom MacMaster, het na vore gekom. Hy is ‘n Amerikaanse man wat in Skotland studeer.
Talle Siriese aktiviste het sy daad veroordeel en gesê hul saak is deur MacMaster belemmer.
Die blog, wat in Februarie begin verskyn het, het voorgegee om die lewe van 'n lesbiese jong vrou, Amina Abdallah Arraf al-Omari (25), wat in Sirië woon, te dokumenteer.
Omari het selfs verlede week beweer dat sy in aanhouding geplaas is.
Lees meer hier.
Volg Nuus24 op Twitter.