Sirië verban rook in publiek
2009-10-12 03:47
Damaskus – Sirië het Sondag die rook van tabak in publieke plekke verban, het SANA-nuusagentskap berig.
President Bashar al-Assad het die uitvaardiging onderteken.
‘n Boete van £2 000 (R23 000) sal aan dié wat die wet in openbare plekke soos winkels, kroeë en restaurante oortree, uitgereik word.
Die verbod geld selfs vir skole en openbare vervoer.
Mense wat publieke ondernemings besit en bestuur sal ook beboet word of in die tronk gesit word indien enige van hulle kliënte die wet oortree.
Alle eienaars sal ook advertensies oor die verbod op tabakprodukte moet ophef.
-Sapa-AP