Sirië: Twee roubeklaers doodgeskiet ná begrafnis
2011-06-26 13:20
Beiroet – Twee mense is dood nadat Siriese magte ná begrafnisse van vermoorde politieke betogers op roubeklaers begin skiet het, het ‘n menseregte-aktivis gesê.
Twee mense is Saterdag in al-Kaswa, ‘n woonbuurt van die Siriese hoofstad, dood, het Rami Abdul-Rahman, die direkteur van die Syrian Observatory for Human Rights, Sondag gesê.
Die magte het begin skiet toe roubeklaers wat van begrafnisse gekom het teen president Bashar Assad se magsposisie begin betoog het.
Volgens die Siriese opposisie is sowat 1 400 mense reeds dood terwyl die regering vra dat ‘n einde gebring moet word aan die vier jaar lange outokratiese leierskap van die Assad-familie.
Abdul-Rahman het bygevoeg dat een persoon ook Saterdag in die Barzeh-woonbuurt in Damaskus doodgemaak is en twee ander in al-Quseir.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP