Sirië: Ses sterf in moskee-aanval
2011-03-23 09:50
Damaskus - Ten minste ses mense is dood nadat regeringsmagte Woensdagoggend 'n moskee in die suidelike stad Deraa in Sirië, waar burgerlikes besig was om vreedsaam te betoog, bestorm het.
Onder die sterftes is 'n dokter uit 'n gesiene familie, Ali Ghassab al-Mahamid, wat na die moskee gegaan het om gewondes te probeer help, het inwoners gesê.
Die aanval, wat kort na middernag plaasgevind het, bring die getal burgerlikes wat in konfrontasies met regeringsmagte gesterf het, op 10 te staan.
Betogers vra vir politieke vryheid en 'n einde aan korrupsie in Sirië.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters